You are currently viewing Matthew Nicol 1855 – 1932

Matthew Nicol 1855 – 1932

  • Post category:Family
Matthew Nicol, the writer’s grandfather. 1855 – 1932

As dit nie was vir ‘n paar stories van my pa en vir sy boekie “Reënboog oor my jeug” nie, dan sou ons nog minder geweet het van hierdie oupa van my.

Die eerste wat ons weet is dat sy pa William nog walvisjagter vanuit Peterhead was, hy het sy pa David opgevolg maar is op sy laaste tog aan maagkoors dood en op Ysland begrawe.

Matthew se ma was Ellen, na William se dood trek sy na Edinburg en daar kwalifiseer Matthew as onderwyser.

Hy emigreer in 1875 na Suid Afrika op uitnodiging van McGregor en vestig hom in Robertson waar hy getroud is met Miemie Kloppers. Hulle maak agt kinders groot waarvan my pa William die vierde oudste en enigste seun was. (Die seuntjie direk voor hom gebore is oorlede).

William en sy sewe susters

Hy werk as onderwyser maar moes hier teen 40 aftree agv sy gesondheid. Daarna bly hy met allerhande besigheid doenig en sterf in  1932.

Die enigste twee dokumentjies wat ek het, is a briefie wat pas by die klein skeepskissie met die laaitjie. Dit lees: “Presented to Mr Nicol. By the Pupils and Teachers of the Scottish H School”.

En die tweede is ‘n kwitansie vir aandele wat Matthew gekoop het in 1890, dis drie jaar na William se geboorte.

No 68 De Koloniale Brandewijn Maatsschappij, Beperkt.

Kapitaal 24.000 aandelen van Een Pond elk

25 Febr 1890

ONTVANGEN van den HEER  M Nicol

De som van Een Ponden Vijf Shillings So als 2de storting op 5

Aandelen in bovengenoemde Maatschappij

Sekretaris se handtekening

CAPE OF GOOD HOPE POSTAGE ONE PENNY seël met datum 25/2/90

Briefie van Scottish High School en kwitansie van De Koloniale Brandewijn Maatschappij Bpk.